10 Sept – Arno Mattheus

10 Sept – Arno Mattheus

  • Posted In Preke
  • September 15, 2017

Veldtog: Brand New (5)

Skriflesing: Johannes 13:14-15

Oorsig: Die 5de tema

Baie dinge wat mense afsit van die kerk, is dinge wat die kerk eintlik self moet afkeur.

Die liefdesgebod van Jesus was baie eenvoudiger as die komplekse “Tempel- Model”, maar eintlik baie meer uitdagend; want dit vra die vraag: “wat vra die liefde van ons?” Ons liefde vir God word bewys en bevestig deur ons liefde vir ander mense. Stel jouself ‘n wêreld voor waar Christene ander mense onvoorwaardelik liefhet en nie net kerk toe gaan op Sondae nie. Droom saam oor ’n wêreld waar elke Christen sy of haar invloed gebruik ter wille van hul naaste en nie net hulself nie.

Teks:

Johannes 13:14-15

“As ek wat julle Here en julle Leermeester is dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ʼn voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.”