13 Aug – Ds. Wynand Breytenbach

13 Aug – Ds. Wynand Breytenbach

  • Posted In Preke
  • August 18, 2017

Veldtog: Brand New (1)

Skriflesing: Luk 22 : 20

Die 1ste tema:

  • Laat gaan;

Toe Jesus mens geword het, het ‘n vars nuwe manier om God te volg aangebreek. ‘n Einde is gemaak aan die “tempel-model” van die Ou Testament. Die “Heilige Plekke” en “Hoë Priesters” is vervang met die mens as “Tempel van God” (1 Kor 3:16) en Jesus as finale “Hoë Priester”
(Heb 4: 14 – 16) Die Ou Testament is vervul deur die LIEFDESGEBOD wat Jesus ons gee (Lukas 10:27). Jesus gee ons die opdrag om ons naaste lief te hê en selfs die mense van wie ons nie eers hou nie (ons vyande)! Hierdie oorspronklike opdrag en manier van navolging het deur die eeue in verskillende kerke verskillende vorme aangeneem, maar die  oorspronklike bedoeling van “kerk” staan egter vas: dit is ‘n groepie mense wat hulle bes probeer om saam, die Leermeester, Jesus, nou-geset na te volg in alles wat Hy ons geleer het en LIEFDE uit te leef.

 Teks: Johannes 13:34-35

“Ek gee vir julle ʼn nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”