27 Aug – Bea Pretorius

27 Aug – Bea Pretorius

  • Posted In Preke
  • September 1, 2017

Veldtog: Brand New (3)

Tema 3 in die veldtog is “Herwin” en word uit
Galasiërs 5:6 geïnspireer.

OORSIG: Godsdiens het baie mag, selfs om jou “gewete” te rig. Maar die vraag is, is alles in ons “gewete” Gees-geïnspi-reerd of godsdienstig? Die “tempelmodel” het ’n baie kragtige uitwerking en kon dalk ons “idee” van Christenskap gekleur het. Daar-om gebeur dit maklik dat ons meer ingestel raak op eng wetsonderhouding en heeltemal vergeet van Jesus se bevel dat ons mekaar moet liefhê.

Vra jouself; oordeel jy meer as wat jy ander mense liefhet? Waaraan word jou navolging van Jesus gekenmerk?

God se onverdiende liefde vir ons en ons liefde vir ander moet eerder ons gewete en ons optrede dryf.

Galasiërs 5:6

“In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die  liefde tot dade toe oorgaan.”

Soos die Engelsman sê:
“The proof in the pudding is in eating it”.