3 Sept – Ds. Mizelle Prinsloo

3 Sept – Ds. Mizelle Prinsloo

  • Posted In Preke
  • September 8, 2017

Veldtog: Brand New (4)

Skriflesing: Matteus 25:40

“En die Koning sal hulle antwoord: Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”

Die 3de tema:

Oorsig: Die “Nuwe Beweging” van Jesus wat die “Tempelmodel” vervul, is radikaal gefokus op liefde vir ander mense. Waar die “Tempelmodel” op die self gefokus is, is die nuwe verbond gefokus op die persoon langs jou. Hoe sal hierdie radikale liefde van die naaste lyk as ons Jesus se nuwe beweging van harte sou uitleef?

Die liefdesgebod van Jesus het geen kortpaaie of skuiwergate nie. Dit vat moeite en energie.

Is jy nie bly dat Jesus ook nie kortpad gevat het in sy liefde vir jou nie?

Hoe sou hierdie tipe liefde lyk in die kruide-nierswinkels, op die paaie of op die sportveld? Die moeilike ding is om prakties te doen wat die liefde elke dag van ons vra.