8-11 Mei – Ds Johan Els – PINKSTER

8-11 Mei – Ds Johan Els – PINKSTER

  • Posted In Preke
  • May 9, 2016

As ek vir jou sou vra, “Wie is jy?” wat sou jy antwoord? Ons sukkel baie meer met hierdie vraag as wat ons dink. Want ’n Christen kan en moet verseker weet WIE ons is in Christus. As jy dit nie weet nie gaan jy altyd NET dit glo wat jou ouers gesê het, wat jou vriende van jou glo of hoe jy oor jouself “voel.”

God wil graag hê dat ons identiteit in Jesus gevestig sal wees, want dit is die ENIGSTE waarheid oor jou wat ’n EWIGHEID sal vasstaan.

God wil graag hê dat ons identiteit in Jesus gevestig sal wees, want dit is die ENIGSTE waarheid oor jou wat ’n EWIGHEID sal vasstaan. Kom woon gerus hierdie jaar die Pinkster- dienste in die aande by en ontdek dat #elkEEN ’n nuwe mens in Christus kan wees. Leer na jouself kyk soos God na jou kyk. Leer hoe om jou denke, emosies en keuses in te stel op Jesus en onder beheer te kry in gehoorsaamheid. Kom leer hoe om genesing te vind van wonde van die verlede en jou gesagsposisie in Christus op te neem.

Sondagoggend 8 Mei om 10:00: Varkies, Skapies en Fotokopieë. 2 Korintiërs 5: 14 – 21. Psalm 103

Sondagaand 8 Mei: Hoe ons gewond raak en vergeet wie ons is. Jesaja 53: 1 – 5; Genesis 1 & 2

Maandagaand 9 Mei: Siel, Gees, Liggaam: weet WIE jy is!  1 Tessalonisense 5:23, Johannes 1: 12 – 13,
1 Petrus 1:23

Dinsdagaand 10 Mei: “In” Christus. Die KRAG van die KRUIS en OPSTANDING.  Romeine 6: 1 – 23.

Woensdagaand 11 Mei: Prakties: Leef jou nuwe identiteit ELKE dag. Kolossense 1:27