Bergsig Aardversorging op dreef

Bergsig Aardversorging op dreef

Met die aanvang van 2015 het die Aardversorgings- diensaksie hulle doelwitte vir die jaar tydens hulle eerste vergadering van die jaar bepaal.

Die doel van die Aardversorgingsdiensaksie is om ’n aardversorgingskultuur in Bergsig en die breër gemeenskap te vestig. Dit kan gedoen word deur die gemeente en gemeenskap meer bewus te maak van ons Godgegewe verantwoordelikheid teenoor die skepping deur die sensite-ring en blootstelling aan ekologiese kwessies.

Doelwitte vir 2015 behels die vestiging van Bergsig as ’n eko-gemeente, die vestiging van die groentetuin- projek by die kerksentrum en elders asook volle deelname aan die Kuilrivier projek saam met ander gemeentes en rolspelers om die Kuilsrivier as waterweg weer te herstel.