BERGSIG VROUE oorsig

BERGSIG VROUE oorsig

Ons droom van ruimtes waar alle vroue veilig genoeg voel sodat hulle hul stories met mekaar kan deel.

Ons dink dat vroue in sulke ruimtes by mekaar kan leer, hul plek kan vind, vry en heel kan word en geestelik kan groei.

Om sulke veilige ruimtes te skep, dink ons die volgende riglyne is belangrik:


Praat persoonlik:

Ek gaan persoonlik praat …

… en my weerhou van veralgemenings.

Wees eerlik:

Ek gaan eerlik en kwesbaar wees …

… en my weerhou van “little lies”.

Luister diep:

Ek gaan diep luister …

… en my weerhou daarvan om ander te genees, bekeer of regmaak.

Omhels die oomblik:

Ek gaan in die oomblik bly en dit omhels …

… en my weerhou daarvan om weg te hardloop vir pyn en ongemak.

Maak oop:

Ek gaan myself oopmaak …

… en weerhou van agendas en my vooroordele opskort.

Wag geduldig:

Ek gaan geduldig in afwagting van God wag …

… en nie vir God voorskryf waar en hoe God met ons moet kontak maak nie.


Hierdie riglyne vir die skep van Veilige Ruimtes is saamgestel deur die Vroubediening van die NG Kerk Wes-Kaapland om meer te lees klik hier.