Belydeniskrifte

Belydeniskrifte

Inleidend – Belydeniskrifte

Die Apostoliese Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls is nou op die webblad beskikbaar, U kan dit aflaai as pdf lêers wat u op u eie rekenaar met Adobe Reader (weergawe 9 en bo, gratis op Internet verkrygbaar) kan lees. Teksverse is volledig daarin aangehaal en kan maklik saamgelees word.

Dit maak hierdie diamante van ons kerk lekker om te gebruik vir Bybelstudie, betroubare Bybelse antwoorde vind op geloofskwessies en onderrig van u kinders in standvastige feite. Die inligting is nie tydsgebonde of volgens teologiese modes opgestel nie, maar verwoord dit wat ons glo volgens die Skrif is. Ons glo dat die Bybel so sê. Dit probeer nie ‘n eie teorie uit die Bybel bewys nie, maar vertel wat die Bybel sê, soos ons Kerk dit verstaan. Dis dus voluit gebaseer op God se Woord, waarvan sommige gedagtes dalk nie is wat ons graag wil hoor, of soos sommige mense dit aan ons wil oordra nie. Dit is dus baie nuttig om dwaling te weerlê en te kan identifiseer.

Dit word sterk aanbeveel dat u hiervan gebruik maak. U sal nie spyt wees nie.

Apostoliese Geloofsbelydenis in verskeie tale en kerke 2017-04-28
Belgic Confession of Faith 2017-03-19
Canons of Dordt – expanded text added headings 2017-03-21
Die Heidelbergse Kategismus met uitgebreide tekste 2018-01-15
Die Nederlandse Geloofsbelydenis 2017-03-21
Dordtse Leerreels met tekste 2017-03-21
Heidelberg Confession of Faith with expanded verses 2017-03-21