Aanbidding

Aanbidding

Die bediening strewe daarna om gediversifiseerde, inklusiewe, inspirerende eredienste vir passievolle ontdekking van God se teenwoordigheid te bied. Die bediening fokus op alle aspekte van eredienste – liturgiese beplanning, musiek, gasvryheid en tegniese ondersteuning (klank, beeld).

Ons gemeente het tans twee eredienste in die oggend, naamlik ’n Klassieke diens en ’n Informelediens in die ouditorium en n Kinderdiens in die saal parallel met die Klassieke & Informele dienstw. Saans is daar ’n aanddiens in die ouditorium. Al hierdie eredienste word gekoördineer deur die erediens- en jeugbedienings in samewerking met die predikante.

Daar is verskillende gawes ter sprake by die aanbiddingsbediening, naamlik: gasvryheid (persone wat mense verwelkom by eredienste, offergawes opneem en inligting verskaf), diens (persone vir wie die take soos tee bedien en stoele aandra ‘n plesier is), berading (persone wat gesprekke met lidmate voer na afloop van eredienste).

Die erediensbediening sal ook graag van u wil hoor as u kan help met enige van bogenoemde en veral met die musiekbediening (die Here dien deur te sing en/of instrument bespeel) en gasvryheid.

Eredienstye

8:15 – Formele diens | Ouditorium
10:00 – Informele | Ouditorium
18:00 – Aanddiens | Ouditorium

Langnaweke en vakansies

9:00 – Familiediens