Eredienste by Bergsig

Eredienste by Bergsig

Erediens style

Hou gerus kerkkalender dop om te sien watter styl diens wanneer plaasvind. (Te vind by die skakel Gebeure)

Die BERGSIG BOODSKAP dui ook die eredienste en predikers twee weke vooruit aan. (Te vind by die skakel Nuus)

KLASSIEKE DIENS

08:15 – 9:15
• Tradisionele liturgie met lees van die Wet en Geloofsbelydenis formeel ingesluit
• Rustige atmosfeer
• Orrelbegeleiding met sang hoofsaaklik uit die Liedboek
• Taal “streng” Afrikaans

INFORMELE DIENS

10:00 – 11:15
• Sterk fokus of lofprysing en aanbidding deur musiek
• Liturgie meer informeel en responsief
• Meer interaktiewe styl met ook getuienis van tyd-tot-tyd
• Musiek met orkes en sing van grootliks moderne liedere (Afrikaans en Engels)

KINDERDIENS

8:15 – 9:15 & 10:00 – 11:15 in die saal 
(wanneer dienste in ouditorium aangebied word)
• Opgewekte kinderliedere
• Baie aksie en interaksie
• Bybelstories

AANDDIENS

18:00
• Baie informele styl met baie fokus of Praise & Worship
• Begeleiding deur orkes met dromme, elektriese kitare en klawerbord
• Sing hoofsaaklik moderne lof en aanbiddingsliedere insluitend eie skeppinge
• Prediking deur Jeugleier en jong predikante hoofsaaklik volgens kleingroep besprekingstemas

VAKANSIE/LANGNAWEKE

09:00 Familiedienste
Tydens die vakansie wil ons graag ’n waarderende kultuur vir mekaar skep. Dit beteken dat ons graag ons jonger mense blootstelling wil gee aan liedboekliedere en ons senior lidmate vra om ook deel te neem aan die lof en aanbidding van die jonger generasie.

’n Kort kindermoment sal ook deur die predikant behartig word. Ons glo dat ons mekaar so kan verryk. ’n Goeie balans sal gehandhaaf word tussen orrelspel en orkesbegeleiding.