DISSIPELSKAP IN AARDVERSORGING

DISSIPELSKAP IN AARDVERSORGING

Ons leef binne ’n historiese tydvak wat ernstige nadenke en optrede van Christene vereis!

Ons liefde vir God as Skeppergod en die gepaard-gaande verdiepende krisis in aardverwarming en ekologiese agteruitgang moet ons dringend noodsaak om omgewingsgeregtigheid en volhoubaarheid ’n integrale deel te maak van alles wat ons doen as dissipels van Jesus en as landsburgers.

Die dreigende ekologiese katastrofes wat ons ge-skiedenis bekruip maak ‘n appél op ons gewete as Christene om ingrypende paradigmaskuiwe in ons denke aan te bring (Rom. 12:2). Nie net word ons geroep om anders oor ons werklikheid te dink nie maar om op ’n nuwe manier anders te dink. As dissipels van Christus sal ons moet leer om op ’n breë front praktiese gedragsverande-ringe in ons huise, die werkplek en in ons gemeente te omhels en uit te leef. Hierin moet ons die voorbeeld volg van Paulus (Rom 8:19 e.v.): dat God se kinders in liefdevolle solidariteit by ’n lydende skepping sal staan – ’n skepping wat ly onder ons eie disfunksionele en terminale leefwyses.

Ons word opnuut geroep om bevryding te bring vir die aarde en al sy inwoners! Dissipelskap kan nie verskraal en beperk word tot net die persoonlike heil van mense nie. Dissipelskap strek hom ook uit na strukture en stelsels. “Want die aarde behoort aan die Here!” Die hele aarde! Vir seker ook die natuurlike wêreld en sisteme.

Die dreigende ekologiese katastrofes wat ons geskiedenis bekruip maak ‘n appél op ons gewete as Christene om ingrypende paradigmaskuiwe in ons denke aan te bring (Rom. 12:2). Nie net word ons geroep om anders oor ons werklikheid te dink nie maar om op ’n nuwe manier anders te dink. As dissipels van Christus sal ons moet leer om op ’n breë front praktiese gedragsverande-ringe in ons huise, die werkplek en in ons gemeente te omhels en uit te leef. Hierin moet ons die voorbeeld volg van Paulus (Rom 8:19 e.v.): dat God se kinders in liefdevolle solidariteit by ’n lydende skepping sal staan – ’n skepping wat ly onder ons eie disfunksionele en terminale leefwyses.