Kuilsrivier Opruiming

Kuilsrivier Opruiming

Die Aardversorgings bediening van Bergsig het dit as ‘n dapper gelowige lang- termyn uitdaging aanvaar om ‘n verskil aan dieKuilsrivier_opruiming_klein Kuilrivier se ongesonde toe-stand te maak.  ‘n Rommel opruimingsaksie vind op Sondag 14 September 2014 om 10:00 plaas om ‘n klein gedeelte van die rivier skoon te maak as ‘n simboliese geestelike moment om die rivier as skepping van God weer terug te wen en te herstel as uitdrukking van sy Koninkryksheerskappy op aarde.

Alle gemeentelede en kinders wat lief vir die natuur is en die Here ook op hierdie besondere wyse wil dien en eer is welkom om mee te doen.

Trek gemaklike klere aan en waterskoene (Gum Boots) as jy het.  Bring asseblief ook ‘n paar be-skermende handskoene saam.  Sakke sal op die terrein voorsien word.

Ons ontmoet mekaar om 10:00 op die parkeerarea van Wagner’s Pitch & Putt, in De Bronweg, net onderkant die Glen Garry winkelsentrum.