Wêrelddag vir die Bekamping van Woestyngebiede en Droogtes

Wêrelddag vir die Bekamping van Woestyngebiede en Droogtes

Ongeveer 1,5 biljoen mense wêreldwyd is aangewese op woestyngebiede en droogtegeteisterde gebiede om ’n bestaan vir hulleself te maak.  Amper die helfte van die wêreld se armste mense (42%) leef in hierdie areas. Hierdie mense woon dus in van die wêreld se mees onherbergsame plekke.

Vir ons wat in stede woon en veral in die Wes-Kaap, mag hierdie wêrelddele ver van ons af wees en nie juis op ons radarskerms nie.  Die werklikheid is dat hulle ly-ding en swaarkry ‘n rimpel-effek het oor die hele wêreld!  Dit word bereken dat teen 2020 ongeveer 60 miljoen van hierdie mense na beter
areas in Suidelike Afrika en Europa sal migreer.

In 1994 het die Algemene Vergadering van die VN 17 Junie as “World Day to Combat Desertification and Drought” verklaar om daarmee die publiek meer bewus te maak van hierdie ernstige ekologiese kwessie en uitdaging, veral in Afrika.  Hierdie dag wil poog om ons bewus te maak van die uitwerking van droogtes en die agteruitgang van potensiële landbougebiede na woestyn-gebiede, asook die impak wat dit op die aarde het.  Dit wil ook die behoefte aan samewerking en die opvoe-ding van gemeenskappe om na oplossings te soek, beklemtoon.

Wat kan die lidmate van Bergsig doen as ’n bydrae om hierdie probleem te bekamp?  Plant bome!  Soveel as julle kan!  Plant veral spekbome in julle tuine!  En neem solank kennis dat ons weer die gemeente gaan oproep om tydens erfenisweek in September bome te plant op Bolandpark, die terrein oorkant die kerksentrum.

Kom ons dink op 17 Junie 2015 in ons gebede aan die aarde in haar lyding (Rom 8:21,22).

Lees gerus meer by: www.trees.co.za www.undp.org/drylands/