Gebedsbediening

Gebedsbediening

  • Posted In Gebed
  • September 2, 2009

Die gebedsbediening is ‘n bediening wat poog om gebed, deur voorbeeld en toerusting, te fasiliteer in die gemeente.  Al die leraars van die gemeente is in hulle onderskeie bedienings besig om lidmate toe te rus en daarop te wys dat gebed deel is van ‘n intieme verhouding met die Here. Gebed is nie maar net nog `n ritueel nie. ‘n Verhouding met die Here impliseer dat daar ‘n lewensyse van gebed moet wees.

Die gebedsbediening het die oogmerk om Bergsig ‘n biddende gemeente te maak en lidmate se gebedslewe te verdiep.  Alle prosesse in die gemeente moet die gebed as ‘n natuurlike integrale deel van hulle aktiwiteite maak. Gebed maak ook ‘n verskil in die gemeenskap deur interkerklike gebedsbyeenkomte saam met ander gemeentes.

Jy kan die kerkkantoor skakel indien jy jou naam op die knieltyd-gebedslys wil hê. Dit is vir ons belangrik om vir alle siekes, bedroefdes en beproefdes te bid.

Sake vir Voorbidding