BELANGRIK: Biddag vir Droogte

BELANGRIK: Biddag vir Droogte

  • Posted In Gebed
  • November 12, 2015

Bid saam oor die knellende droogte wat ‘n al groter deel van ons land raak.

In solidariteit met die landbousektor en elke individu hierdeur geraak, wil ons ons verootmoedig voor ons Skeppergod.

Met ‘n ernstige waterkrisis wat ons in die gesig staar, is ons harte, gebede en ge-dagtes by elkeen wat nou reeds op ‘n direkte, persoonlike vlak lyding ervaar, sowel as diegene wat op uiteenlopende wyse ondersteuning aan mens en dier moet bied.

Mag die Here wysheid gee en op sy tyd voorsien.

Ons land besef water is ’n skaars hulpbron en onderneem as Koninkrykbestuurders om die aarde te help versorg. Werk spaarsaam met water.