Operasie Mobilisasie Duitsland

Operasie Mobilisasie Duitsland

OPERASIE MOBILISASIE : MENGES-GESIN

Operasie Mobilisasie Duitsland

 

Duitsland: Operasie Mobilisasie : Menges-gesin

Projekleier: Christelle Bouwer ( 083 309 0625) ([email protected])

Tobias en Sandra Menges woon met hulle dogters in Korntal – naby Stuttgart – Duitsland.

Tobias is verantwoordelik vir die opleiding van Duitse sendelinge wat wêreldwyd werk.  Sendelinge wat alreeds in die veld is, studeer deeltyds by die “Akademie für Weltmission” om sodoende meer effektief in hulle diens te wees.  Die kursus gee ’n kans om terug te staan, te reflekteer en nuut toegerus en gemotiveer te word vir dit waarvoor hulle geroep is. Tobias is betrokke by die konsep-ontwerp, en lei die akademiese afdeling van die Bybelskool.  Hy bied ook kursusse aan en begelei die studente in studieprojekte in hulle werk.  Na-ure is hy ’n  mentor vir jonger mans en  vlugtelinge.

Sandra help vroue in voltydse sending as lewensafrigter, mentor en berader.  Sy bied ook kursusse aan in temas rondom kultuur.  Daardeur help sy mense wat oor die kultuurgrense leef en werk, om meer effektief die evangelie uit te dra.

Hul oudste dogter, Annelie, werk aan boord van Logos Hope, die sendingskip van OM.  Die middelste dogter, Ilana,  wil na haar skoolopleiding in 2018 deur drama  mense in Engeland met die evangelie bereik. Liesl (14) is op skool en is baie betrokke in die kinderbediening van hulle plaaslike kerk.

Operasie Mobilisasie het die Menges-gesin gesekondeer na “The European School of Culture and Theology” (of Akademie für Weltmission, soos dit in Duitsland bekend is).   Durbanville-Bergsig het die voorreg om ook op hierdie manier “ … te gaan na alle nasies (Mat. 28:19) … tot aan die uithoeke van die wêreld.” (Hand. 1:8).

LoergaatjieJul2018