Frontida Outreach (Thailand): André en Marina Olivier
Projekleier : Johann van Tonder (083 463 5050) ([email protected])
André en Marina Olivier is al meer as vier jaar voltyds werksaam in die Sisaket-provinsie, Thailand. Die bevolking in hierdie provinsie is ongeveer 1.5 miljoen, waarvan slegs 0.11% Christene is. In die Kanthararom-distrik, waar hulle bly, is daar net 27 Christene uit 100 205 inwoners. André en Marina is die enigste sendelinge in die distrik.
Thailand is wêreldwyd bekend as die “pinnacle” van Boeddhisme. Immoraliteit, prostitusie, mense/kinder-handel en afgodsaanbidding is aan die orde van die dag.
Die bediening het eksponensieel gegroei en een resultaat was dat YWAM Thailand hulle genader het om die YWAM Sendingbasis vir Sisaket-provinsie te wees. Buiten evangelisasie is daar ook gereelde sending-opleiding, interaksie met alle kerke in die provinsie en gereelde seminare en kursusse wat aangebied word ten einde die Thai Christen-gemeenskap en ongelowiges meer effektief te bedien.
Die nuwe bedieningshuis is Baan Frontida gedoop.
Die daaglikse Frontida Outreach-bediening sluit in:
Hulle kontakbesonderhede is : +66 95 048 6080 (WhatsApp) – e-pos – [email protected] en ook frontidathailand.blogspot.com Posadres: 27/30 Moo 5, Tandon Doom, Kanthararom, Sisaket, Thailand, 33130