Durbanville Kinderhuis

Durbanville Kinderhuis

Die Durbanville Kinderhuis is ‘n program van BADISA, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NGK en VGK.Durbanville Kinderhuis

Die Kinderhuis het in 1883 in Kaapstad ontstaan deur twee vroue wat die nood van kinders raakgesien het en vir hulle ‘n veilige tuiste geskep het. Die Kinderhuis het later na Durbanville verskuif. Daar word dus al vir 124 jaar voortgebou op hierdie liefdesdaad. Hulle se missie is “In opdrag van die Groot Kindervriend, Jesus Christus, stel Durbanville Kinderhuis sorgbehoewende kinders in staat om hulle volle potensiaal te bereik deur middel van gespesialiseerde programme en opgeleide, gemotiveerde personeel”.

Voltydse sorg word aan 144 kinders gebied. Gedurende die 2005/06 jaar is daar 204 aansoeke ontvang om nuwe kinders in die Kinderhuis op te neem, waarvan slegs 48 opgeneem kon word.

Almal wat by die Kinderhuis betrokke is en vir die Kinderhuis werk, word deur die liefde van God gedring tot hierdie taak. Daar word daagliks ervaar hoe donateurs en vrywilligers aanmeld en hierdie organisasie onderhou en ondersteun. Heelwat lidmate van Durbanville-Bergsig is betrokke by die ondersteuning van die Kinderhuis – o.a. ook by wyse van die gereelde maandelikse voorsiening van die toiletbenodigdhede van spesifieke toegedeelde kinders.

Kontak Besonderhede
Stuur E-pos: Danita van den Bergh – [email protected]
Tel: 021 976 4275 / 072 626 52 62