House of Grace

House of Grace

house of grace

Projekleier: Leonette Burger (082 440 5662) ([email protected])

 “every child matters … we cannot replace that which is lost, but  we can help heal..”

Wat is HOUSE OF GRACE?

House of Grace is ’n veiligheidshuis  vir kinders wat weens mishandeling, seksuele molestering of verwaarlosing uit hulle ouerhuise verwyder is.  Die huis is geleë op die County Fair Hoenderplaas net  buite Klipheuwel.

Aletta Herbst, haar dogter en ’n paar helpers versorg tans 10 dogters en 8 seuns hier.  Hulle ouderdomme wissel van  4 tot 18 jaar.  Die kinders is ingeskryf  by ’n verskeidenheid plaaslike skole en moet daagliks skool toe en terug vervoer word. Die kinders floreer onder Aletta se toesig en sy doen alles in haar vermoë om vir hulle normale, liefdevolle huislike omstandighede te skep.

WAAR KOM DIE FONDSE VANDAAN?

House of Grace word ondersteun  deur Bergsig wat help met fondse vir kos, klere en voertuigonderhoud.  Die fondse is meestal afkomstig van donateurs en gemeentelede. Die huis se voortbestaan is dus totaal afhanklik van donasies uit die gemeenskap.

HOE KAN EK BETROKKE RAAK?

Daar is ’n groot behoefte aan mense en/of omgeegroepe wat aktief betrokke kan raak by die volgende:

  • Die skenking van maandelikse kruideniersware, skoonmaakmiddels  en vleisprodukte.
  • Hulp met kontantbydraes vir die dag tot dag uitgawes of  fondsinsamelings.
  • Ander behoeftes soos van tyd tot  tyd geïdentifiseer, bv. “handyman”-werk.
  • Klere vir die kinders.
  • Voertuigonderhoud.
  • Hulp met vervoer van kinders Sondagaande na die @6 Diens.
  • Hulp met toesig van kinders om Aletta van tyd tot tyd af te los.

Die werk wat Aletta met hierdie kinders doen en die goeie opvoeding wat sy vir hulle gee, is ongelooflik.  Sonder die finansiële, praktiese en emosionele hulp van die gemeenskap is dit egter nie volhoubaar nie.