Die Koffieman

Die Koffieman

Die Koffieman

Projekleier:  Oswald Opperman (079 108 9697) ([email protected])

The Veil is steeeds ’n bediening wat vertrou dat God, deur gebed, getuienis en dissipelskap, ander se sluier sal lig en so ‘n positiewe  impak op die gemeenskap sal hê.  Die huidige bedieningsareas lyk egter aangrypend anders as ’n jaar of wat gelede.

Die “kerk” in die vorm van ‘n koffiewinkel het op 1 Desember 2017 sy deure oopgemaak.  Die Koffieman @ Church is ’n area waar mense bedien kan word met meer as koffie.  Dis ook ’n platvorm waar ander kom bedien.  Dit vind reeds op merkwaardige wyse spontaan plaas, byvoorbeeld deur mannegroepe, Graanendal-byeenkomste, gemeenskapsfunksies, gesprekke met mense wat kerksku is, ens.  Die volgende stap is ’n dames-Bybelstudie en bedieningsaande met tema’s soos die Gees ons lei.

Die koffiewinkel maak baie deure oop vir direkte kontak met Jan Publiek.  Baie van ons kliënte is nie kerkgaande of uitgesproke Christene nie.  Hier het ons gereelde (soms DAAGLIKSE) kontak met ons kliënte en kan ons op ’n vars manier verhoudinge bou.

So ’n informele kontak  “op die markplein” beteken ook dat ons eerstehands kan identifiseer watter kwessies getakel moet word en dit is waardevolle terugvoering aan ander bedienings.  Die koffiewinkel is beslis ’n verlengingsarm van die liggaam van Christus en ons sien reeds hoe dit die gemeenskap dien.