Satellietdienste: Welgegund

Satellietdienste: Welgegund

welgegund-buitediens

Satellietdienste

Projekleiers:

Welgegund :  Peter Montgomery (084 299 6697) ([email protected])

Satellietdienste word deur Durbanville-Bergsig, in samewerking met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Durbanville, elke Sondag  op die plaas Welgegund aangebied.

Lidmate van Durbanville-Bergsig speel ’n sleutelrol in die Woordverkondiging op Sondae by bogemelde punt.  Die Woordverkondiging word ook by geleentheid deur die leraar van die VGK Durbanville en ander VGK-lidmate  waargeneem.  Daarbenewens is ander lidmate van Bergsig ook Sondae betrokke by die Woordverkondiging ter ondersteuning van die projekleier en by die aanbied van kategeseklasse vir die kinders op Welgegund.

Daar bestaan ‘n deurlopende behoefte aan meer vrywilligers uit die gemeente om hulle aan te sluit  by hierdie projek om behulpsaam te wees by Woordverkondiging en kategese.