Chris Botma

Chris Botma

  • Administratiewe Hulp

Die administratiewe hulp bestuur die mediasentrum van die kerkkantoor.

Chris is die administratiewe hulp in die kerkkantoor.

Hy beman die mediasentrum van die kerkkantoor en alle fotostate, fakse en papier vouwerk word deur hom gedoen. Hy maak tee vir die personeel, versorg die koffiemasjien en help met opdatering van kennisgewing borde.

Tydens kerk funksies help hy die dames aangesien hy die een is wat weet waar alles is.  Hy is hulp aflos “koster” saam met sy ma, me. Elize Botma.  Hy hanteer ook klank tydens funksies en begrafnisse.