Elize Botma

Elize Botma

Die administratiewe beampte is verantwoordelik vir alle administratiewe aangeleenthede soos kerkraadsnotules, verlof van werknemers, gemeente se databasis en korrespondensie.

Die gemeente het 10 Februarie 1982 afgestig van Durbanville gemeente en Elize is genader om die kantoor te begin. Vanaf 1982 tot November 1985 was Bergsig se kerkkantoor in haar huis. Sy was vir baie jare die Saakgelastigde van hierdie gemeente (dit beteken dat sy die Skriba/kassier en koster was).

Sy is die ma van 3 kinders en het 2 kleinkinders.

Deesdae is sy die Administratiewe Beampte.

Om die databasis op datum te hou is ‘n groot uitdaging en ek versoek gemeentelede om my in kennis te stel van enige verandering soos adres, e-pos, selfoon. Die hele gemeente se ID nommers moet ook op die stelsel geplaas word omdat die NG Kerk se lidmaat- en doopregisters gesentraliseer word by die Argief in Stellenbosch.  Gemeentelede word dus vriendelik versoek om die kerkkantoor te help en hulle ID nommers te e-pos.