Arno Mattheus

Arno Mattheus

Arno is gebore op 12 Oktober 1978 in Port Elizabeth. Hy het daar groot geword en skool gegaan. Hy het in 1996 gematrikuleer. Hy het vanaf 1997-1999 Diensjaar vir Christus gedoen. Hy het by die Hugenote Kollege gestudeer. In 2001 het hy as jeugwerker by NGK Table View begin werk.

Hy is ook betrokke by jeug op Sinodale vlak en is op die Dagbestuur van die Sinodale Jeug komissie. Sy groot passie is musiek en daarom skryf hy ook kontemporêre lof en aanbiddings musiek vir die Flam kommisie van die NGK. Hy is getroud met Handri, ’n graad 3 onderwyser.

Vir meer informasie oor Jeug – Kliek hier>>