Ds. Philip Scholtz

Ds. Philip Scholtz

Ds. Philip Scholtz

  • Leraar: Geestelike en Maatskaplike versorging, Uitreike
  • 021 976 4106 x110
  • [email protected]

“Leef in die genade en vryheid van die Here.”

Philip het in Namibië grootgeword en naskoolse opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch ondergaan. Hy is in sy eerste gemeente op 7 Desember 1981 bevestig en is sedert Junie 1992 in Durbanville-Bergsig werksaam.

Philip hou van sport en speel ongereeld tennis en muurbal. Die natuur hou vir hom ‘n besondere bekoring in en min dinge maak hom so opgewonde as om saam met sy gesin in die natuur vakansie te hou.

Gebede wat verhoor word, die Here se liefde, goeie verhoudinge en humor maak die lewe vir Philip die moeite werd.