Pieter Henning

Pieter Henning

Pieter beskik oor wye bestuurservaring in korporatiewe sektore soos bank- en perswese. Hy het vir vier jaar sy eie besigheid bedryf en twee tehuise vir bejaardes bestuur.

Pieter sien homself as leier, wat sake geestelik beoordeel en prakties benader, en terselfdertyd sensitief is teenoor mense en hulle behoeftes.

Hy leef sy Christenskap uit deur homself deurlopend beskikbaar te stel om toegerus te word en daardeur sy diensbaarheid in die Koninkryk te verbeter.

Pieter is met Elbeth getroud. Hulle het drie volwasse seuns. Hy is baie opgewonde oor die nuwe fase by Bergsig.

Blom waar jy geplant is.