Ds. Mizelle Prinsloo

Ds. Mizelle Prinsloo

Ds. Mizelle Prinsloo

“Daar is twee maniere om te lewe. Die een asof niks wonderlik is nie, en die ander is om alles as ‘n wonder uit God se hand te beskou.”

Op ’n jong ouderdom het Mizelle die roeping ontvang om haar lewe as instrument te gebruik om God se liefde, verlossing, genade, vrede, vreugde en hoop aan sy mense oor te dra. sy het altyd geweet die Here wil haar in sy kerk gebruik.

Mizelle het by Hoërskool Stellenberg gematrikuleer en sy het haar Lisensiaat in Teologie in Stellenbosch voltooi in 2013. Haar skripsietitel is baie relevant vandag: Op soek na God buite die kerk. Dit vat mooi hande met Bergsig se dissipelskap- fokus.

Sy het by die sinodale sentrum se Armoede- en sorgafdeling ingeskakel totdat sy dié jaar na Bergsig beroep is. Sy was daar verantwoordelik om te netwerk met gemeentes en was onder andere ook betrokke by Vroeë Kindontwikkelingsprojekte.

Haar bedieningpassies sluit in: Prediking, Pastoraat, Bejaardebediening, Jeugbediening en Jong Volwassenes.

Haar bedieningsveld by Bergsig omvat: Gebed, Gesinne, Vroue en Enkellopendes.

Mizelle is jonk, vol energie en opgewonde oor haar begin by Durbanville-Bergsig. Sy is gelukkig getroud met Carlo en Milla, hul eersteling, is in 2015 gebore.