Koninkrykbestuursveldtog

Koninkrykbestuursveldtog

  • Posted In
  • September 23, 2015
  • Durbanville-Bergsig Kerk
  • Likes

  • 08:15 - 00:00
  • 2015-08-30 - 2015-11-01

Die jaar se Koninkrykbestuursveldtog se naam is: Die Wonderwerker.

Dit is ’n fantastiese 7 week- preekreeks wat handel oor Jesus se wonderwerke van-uit die Johannes-evan-gelie. Johan Smith wat onlangs ons getuienisweek gelei het, getuig oor Die Wonderwerker – dat dit een van die mees “geestelik verrykende reekse was wat hulle tot dusvêr gedoen het”.

Die klem val spesifiek daar-op om die persoon Jesus agter die wonderwerke beter te leer ken. Jy kan met hierdie preekreeks die verwagting hê dat jou intieme lewe met Jesus gaan groei.

Ons loods dit op 30 Augustus met die eerste tema: Die Wynmaker.

6 Sept. – Die Choreograaf
13 Sept. – Die Rebel,
20 Sept. – Die God van Algebra
18 Okt. – Die Waterloper
25 Okt. – Die Oogspesialis
1 Nov. – Die Grafdief

Ander goeie nuus is dat die oggend- en aand-eredienste dieselfde temas gaan volg. Jy sou ook saans een van jou vriende kan nooi om die preek te kom luister indien die oggendtema jou aangespreek het. Die junior en seniorkategese sluit ook by ‘Die Wonderwerker’ preekreeks aan. Families kan dus saam op reis gaan omdat almal in die gesin deur die reeks bedien word.

Ons benodig gasheerhuise vir lidmate wat vir die duur van die veldtog in ’n groep wil inskakel. As jy weet hoe ’n DVD speler werk kan jy ’n gasheer wees (geen opleiding is nodig). Om as gasheer te ‘volunteer’ bel Juanita 082 963 3333.

Daar is kleingroepmateriaal beskikbaar. Kleingroepe kry ’n spesiale DVD (R20 een per groep) en Afrikaanse handleiding teen R10 per persoon. Vir navrae oor materiaal bel kerkkantoor 021-976 4106.
Die Wonderwerker-reeks is gebaseer op die boek van Mark Batterson “The Grave Robber”. Ons wil baie graag ons lidmate aan die oorspronklike werk blootstel. Om regtig optimaal geestelik te groei tydens die reeks beveel ons ten sterkste aan dat die boek aangekoop word. Die goeie nuus is, ons kry dit teen 45% goedkoper as wat die rakprys is. Boeke is vanaf 12 Augustus by die kerkkantoor beskikbaar teen R100.

Die 20ste September is ons spesiale dankoffer-oggend as deel van die reeks en spesiale koeverte word dan uitgedeel. By die afsluiting van die Koninkrykbe-stuursveldtog op 25 Okt. neem ons weer die koeverte op. Koeverte en ander inbetalings is steeds welkom tot Febr. 2016

Alle veldtognavrae kan aan Ds. Johan Els gerig word.