Uitreike naweek

Uitreike naweek

  • Posted In
  • October 2, 2015
  • Durbanville-Bergsig Kerk
  • Likes

  • 18:00 - 19:00
  • 2015-10-16 - 2015-10-18

Bid vir ons uitreikenaweek wat beplan is vir 16 tot 18 Oktober asseblief.

Vrydagaand skop ons die naweek af met ’n ete vir al die projekleiers. By die geleentheid sê ons dankie vir hul toegewydheid deur die jaar.

Sondag 18 Okt. se preek handel oor Die Waterloper (as deel van Die Wonderwerkerpreekreeks).

Klasie en Ida van Heerden, ons sendelinge in Thailand, is ook met besoek hier as deel van die naweek.

Ons nooi almal om 18 Okt. tussen en na eredienste die Uitreikeprojek Ekspo te besigtig en met die projekleiers te gesels.

Eksterne uitstallers soos  MES en Durbanville Kinderhuis sal ook teenwoordig wees.

Akkoord sal soos gewoonlik versnaperings in die binnehof verkoop. Bring dus jou geldjie saam.

Vir navrae bel Annamaré Visser of e-pos haar gerus.

Fisantekraal Centre for Development wys trots hier hul gebak!

Fisantekraal Centre for Development wys trots hier hul gebak!