Ruyterwacht Seniorsentrum

Ruyterwacht Seniorsentrum

  • Posted In Help
  • November 13, 2015

Liewe vriende van die Ruyterwacht seniorsentrum,

Soos, elke vorige jaar, wil ons graag weer hierdie jaar aan elkeen van ons 300 lede ‘n oorlewingspak met kruideniersware oorhandig vir die kersvakansie want ons sluit om vir die personeel ‘n welverdiende blaaskans te gee!!

Lys is beskikbaar by die kerkkantoor waarvolgens ons die pakkies pak.  Indien jy ons wil help om dit in te samel, sal ons dit so baie waardeer. Ons ontvang graag die produkte teen 30 November, waarna ons voorraad opname doen  en aankoop wat ons nog kortkom. Dit sal ons hierdie jaar R450-00 per persoon kos om die pakkies saam te stel – indien jy eerder ‘n kontant bydrae wil lewer, is jy baie welkom!
Ons bankbesonderhede:
Ruyterwacht senior sentrum
Absa Parow
Tjekrekening 390169582
Verwysing: kerskospakke

Ons gaan op 9, 10 Desember die GROOT taak aanpak om die pakkies te pak en hopelik reeds van die middag van 10 Desember begin om die pakkies na die lede uit te ry.

As jy lus het vir ‘n lekker “work out” kom help ons asb. pak en as jy ‘n lekker groot voertuig – lees bakkie – het, kom help ons asb. uitry en aflewer.