Bergsig: Selfdegeslag Verhoudings

Bergsig: Selfdegeslag Verhoudings

Die onlangse sinodebesluit oor dié saak is wyd in die media gekommunikeer en bespreek. Uiteindelik moet Kerkrade leiding in gemeentes gee rondom die toepassing in eie verband.

Die Dagbestuur het op 20 Oktober op die volgende proses besluit:

  • Bergsig het die Sinode se verklaring en pastorale brief op 11 en 18 Oktober versprei en dit is op die webblad beskikbaar so-
    wel as by die kerkkantoor.
  • Wanneer finale sinode- dokumente beskikbaar is word dit bekendgemaak en versprei.
  • Die Leer en Aktuele Sakekommissie hou bespreking en nooi be-langstellendes uit.
  • Twee geleenthede vir lidmaatinsette en vrae word was belê vir Sondag 1  en Sondag 8 November, om 17:00 by die kerk.
  • Op 9 November kom Leer en Aktueel en Dagbestuur byeen in ’n poging om ’n standpunt te formuleer.
  • Op 10 November formuleer Dagbestuur ’n standpunt wat op 16 November aan die volle Kerkraad voorgelê word.
  • Hierna sal die Kerkraad verder rigting verleen.

Ons erken dat daar diepliggende verskille bestaan en wil daarom die proses deursigtig met respek en deernis hanteer.

Ons vra lidmate om die proses te ondersteun en nie oorhaastige uitsprake te maak, of besluite te neem nie.

Om meer te lees oor die proses in die NG Kerk gaan na die webblad vir Algemene Taakspan Leerstellige en Aktuele Sake.

Lees ook die Tydlyn rakende selfdegeslag verhoudings