Waterskaarste, Rivierskoonmaak & COP21

Waterskaarste, Rivierskoonmaak & COP21

Die SA Instituut vir Rasseverhoudinge het onlangs in sy bulletin @LIBERTY van 10 November 2015 ‘n volledige verslag oor Suid-Afrika se waterprobleme gepubliseer.  In ‘n persverklaring uitgereik op 11 November 2015 word die volgende skokkende aanhaling gemaak:  “Average water consumption in South Africa, at 235 litres per person per day (l/p/d), is a staggering 26% higher than the global average of 173 l/p/d, writes water expert Dr Anthony Turton in an analysis recently published in @Liberty, the policy bulletin of the IRR (Institute of Race Relations).”  Besoek gerus hulle webwerf by www.sairr.org.za en lees die verslag – beslis nie baie gerusstellend nie!  Wanneer gaan gelowiges ophou om apaties en middelmatig in hulle getuienis en protes teen ongeregtigheid te wees?

‘n Rivier skoonmaak in die Kuilsrivier vind weer DV Sondag 22 November 2015 plaas.  Almal wat iets vir die natuur wil doen is welkom om te kom help.  Dis baie pret!  Ons kom om 08:00 by mekaar by die Vygeboom bruggie (H/V Vygeboom & Fairtreesweg) vir ‘n kort erediens en dan maak ons die omgewing skoon van rommel.  Dit sal duur tot 10:00.  Bring net ‘n paar rubber handskoene saam.  Navrae: Sydney 076 556 7398.

COP21 begin een van die dae in Parys, Frankryk.  Hierdie is die grootste en belangrikste byeenkoms waar sakeleiers en politieke leiers van die meeste lande in die wêreld vergader om na oplossings te soek om veral ons koolstof voetspoor te verminder en sodoende klimaatsverandering teë te werk.  Kom ons bid vir die sukses daarvan.  As dissipels van Jesus moet ons baie besorg wees oor wat besig is om met Sy skepping te gebeur.  Ons kan dit nie langer toelaat nie!  Raak betrokke, maak impak, maak ‘n verskil!

Kyk gerus na die amptelike video:


Of besoek COP21 se webwerf:

www.cop21paris.org