Klimaatsverandering en COP21

Klimaatsverandering en COP21

Die VN se byeenkoms oor klimaatsverandering – COP21 – in Parys, is om die draai. Die samesprekings begin op 30 November 2015 en duur tot ongeveer 11 Desember 2015. Dit begin al dringender word om aksie te neem. Daar word gesê dat 2015 sover nog die warmste jaar op die planeet was. Nie alleen dit nie – 2010 en 2014 binne die afgelope 5 jaar was ook van die warmste jare.

Dit is hierdie en ander aanduiders dat die aarde besig is om te verander wat wêreldleiers na COP21 sal bring om ’n wetlik bindende besluit te neem om ons koolstofvoetspoor drasties te verminder. Maar ons kan ook aksie neem en iets doen om die dringendheid van die klimaatsituasie te onderstreep. Hier is maar ’n paar dinge waaraan ons kan deelneem:

Gedurende die naweek van 28 en 29 November wat die opening van COP21 voorafgaan, gaan verskeie optogte wêreldwyd plaasvind om aan ons wêreldleiers te demonstreer dat ons diepliggend omgee vir klimaatgeregtigheid. ’n Optog sal op die Sondag ook in Kaapstad plaasvind: http://act.350.org/event/global-climate-march_attend/11523 en http://globalclimatemarch.org/en/join-an-event/ Kyk ook na die “Earth Keeper” webtuiste by http://earthkeeper.org.za/events/ vir meer besonderhede oor die reëlings.

Teken die petisie wat ’n beroep doen op die VN sekretaris, Ban Ki Moon en ander wêreldleiers om die kwessie van plaasdiere se impak op klimaatsverandering aan te spreek http://www.itsois.org/#!climate-summit-petition/ro7er

Sluit aan by die gebedsketting waarin gebid word dat ons wêreldleiers die moed en wysheid sal hê om gepaste aksie te neem tydens die samesprekings http://catholicclimatemovement.global/pray4cop21/

Indien jy dit nog nie gedoen het nie, onderteken ook die petisie by http://www.wehavefaith.net/ waarin ’n beroep op ons wêreldleiers gedoen word om ’n bindende ooreenkoms oor klimaatsverandering tydens COP21 te verkry.

Bergsig se Aardversor-gingsbediening tref reëlings om gemeentelede as groep aan die optog in Kaapstad te laat deelneem. Indien jy belang stel om saam te gaan, kontak Sydney by 076 556 7398 of by [email protected] voor of op Donderdag 26 November 2015.