Baie na aan die hart.

Baie na aan die hart.

COP21 begin op 30 November 2015 in Parys, Frankryk.  Hierdie is die grootste en belangrikste byeenkoms waar sakeleiers en politieke leiers van die meeste lande in die wêreld vergader om na oplossings te soek om veral ons koolstof voetspoor te verminder en sodoende klimaatsverandering teë te werk.  KOM ONS BID VIR DIE SUKSES DAARVAN.  As dissipels van Jesus moet ons baie besorg wees oor wat besig is om met Sy skepping te gebeur.  Ons kan dit nie langer toelaat nie!  Raak betrokke, maak impak, maak ‘n verskil!  Kyk gerus na die amptelike video https://youtu.be/cQ4EYieWsTU asook COP21 se webwerf: www.cop21paris.org

Geblikte leeujag is ‘n euwel wat veral sy kop uitgesteek het in Suid-Afrika.  Meer as 6000 leeus word vanaf geboorte landwyd in 200 kampe aangehou om uiteindelik doodgeskiet te word tydens sogenaamde “leeu jagtogte”.  Elke jaar word meer as 1000 leeus doodgeskiet deur welaf jagters, baie uit die buiteland en wat tot $30 000,00 betaal vir ‘n leeutrofee.  Hierdie getal styg voortdurend soos wat meer en meer mense graag ‘n leeutrofee wil bekom.  Verskeie bona fide jagters verenigings in die land het hulle in die openbaar sterk uitgespreek teenoor hierdie vorm van jag, ook omdat dit die jagprofessie se beeld skaad.  Geblikte jag behels die “opstel” van die leeu op so ‘n wyse dat enige persoon die leeu kan skiet sonder gevaar en op so ‘n wyse dat die arme leeu geen kans het om weg te kom nie.  Dit is meer ‘n vorm van teregstelling as jag!  Ondersteun asseblief vir “Four Paws”, ‘n bewaringsorganisasie wat hulle ten doel stel om geblikte leeujag in SA as onwettig verklaar te kry.  Gaan na www.cannedhunting.org   DIE AFRIKA LEEU HET JOU NOU NODIG!