COP21 vordering

COP21 vordering

COP21 het afgeskop op 30 November 2015 in Parys, Frankryk.  Hierdie is die grootste en belangrikste byeenkoms waar sakeleiers en politieke leiers van die meeste lande in die wêreld vergader om na oplossings te soek om veral ons koolstof voetspoor te verminder en sodoende klimaatsverandering teë te werk.  KOM ONS BID VIR DIE SUKSES DAARVAN.  As dissipels van Jesus moet ons baie besorg wees oor wat besig is om met Sy skepping te gebeur.  Ons kan dit nie langer toelaat nie!  Raak betrokke, maak impak, maak ’n verskil!  Kyk
gerus na die amptelike video
https://youtu.be/cQ4EYieWsTU asook COP21 se webwerf: www.cop21paris.org

Intussen het verskeie optogte ten bate van COP21 wêreldwyd plaasgevind.  Australië het afgeskop met 170 000 mense wat aan oor die 30 afsonderlike optogte deelge-neem het.  Greenpeace berig : We marched for justice for the communities on the front- lines of climate change. We marched for the investment in renewables that’ll finally clean up our economies. We marched to give our kids a fair go.”  Verlede Sondag was daar ook ‘n optog in Kaapstad.  Ongeveer 500 mense het daaraan deelgeneem.  Intussen word berig dat 147 wêreldleiers in Parys byeen gekom het met die doel om tot ’n historiese klimaatsooreenkoms te kom.  VSA President Barack Obama het met reg gesê dat hierdie byeenkoms die draaipunt is in internasionale  pogings om katastrofiese  vlakke van klimaatsverandering te voorkom.  Kyk gerus na www.climateactionprogramme.org vir meer nuus oor die gebeure in Parys.