16 Des tot 10 Jan – Ds. Schalk van Wyk

16 Des tot 10 Jan – Ds. Schalk van Wyk

  • Posted In Preke
  • December 17, 2015

Ds. Schalk bring die boodskap uit Openbaring gedurende die vakansie.
Die preke sal teen 31 Januarie gelaai wees indien jy na die reeks wil luister en dit in die vakansie gemis het.

16/12/15 Openb. 1:1-8 Dit is nie die bloed in die rivier nie, maar die bloed aan die kruis wat lewe in ʼn deurmekaar vyandige wêreld moontlik maak.
20/12/15

9:00

Openb. 1:9-20 Dit is Christus wat deur sy dood en opstanding van nou af die gang van die kerk en die geskiedenis van die wêreld beslissend sal bepaal.
25/12/15

8:00 & 9:30

Openb. 12 Die vuurrooi draak kon die baba nie opvreet nie, en óns kry ʼn woestyn en
arendsvlerke!
27/12/15

9:00

Openb. 5 Die groot oorwinning is reeds behaal aan die kruis en by die leë graf. Al wat ons moet doen, is om die hemelse erediens wat reeds begin het met die engele se sang by die herders, voort te sit in elke dag se nederige aanbidding.
31/12/15

19:00

Openb. 21:1-5 Die ou dinge gaan verby – alles word nuut!
3/1/16

9:00

Openb. 21:18-21 Selfs die kerk word nuut: soos ʼn bruid wat met juwele versier word.
10/1/16

9:00

Openb. 21:9-22:5 Hemel is dat God by ons kom bly.