Veritas Bybelskool loods 16 & 17 Jan

Veritas Bybelskool loods 16 & 17 Jan

  • Posted In
  • January 29, 2016
  • Durbanville-Bergsig Kerk
  • 17 Likes

  • 09:00:00 - 19:00
  • 2016-02-16 - 2016-10-26

 

Veritas

Ons is BAIE opgewonde dat die Veritas Bybelskool (www.veritascollege.org) van dié jaar af by ons aangebied gaan word.

Die hooffokus van Veritas is om lidmate toe te rus met die basiese vaardigheid om die By-bel verantwoordelik te kan lees, van toepas-sing te maak vandag en bedieningsvaardighede te leer. Jy kan verwag om geweldig te groei in jou verhouding met Jesus omdat jy God se stem baie duideliker leer onderskei vanuit die Woord.

Module 1 word die jaar by Bergsig aangebied elke Dinsdagoggend vanaf 16 Febr. om 9:00 deur Ds. Johan Els.    Dit word herhaal op Woensdagaande vanaf 17 Febr. om 19:00 en word deur Eshter Goosen aangebied.

Die kursus strek tot Oktober. (Hou kalender dop vir aftye  oor langnaweke en vakansies).

Die koste vir die hele jaar is R375 per deelnemer.

Kontak Ds. Johan Els vir verdere navrae by

[email protected]