Kursus – Fresh Expressions

Kursus – Fresh Expressions

  • Posted In
  • February 26, 2016
  • Durbanville-Bergsig Kerk
  • Likes

  • 02:45:34 - 02:45:34
  • 2016-04-22 - 2016-04-23

Dit is al algemeen bekend dat Graanendal in Durbanville (wat binne Bergsig se gemeentegrense lê) binne die volgende 5 jaar 20 000 nuwe huise gaan bykry.

Die ander goeie nuus is dat Bergsig reeds ’n erf van 5000m2  by die ontwikkelaar (gratis) gekry het om ’n nuwe gemeente te plant.

Om ons as gemeente voor te berei vir die kerkplanting wil ons graag ’n taakspan vanuit die gemeente oplei en saamstel om oor hierdie planting te begin dink, bid en droom.

Vir die opleiding in kerkplanting is ons BAIE opgewonde om die jaar ’n internasionale kerkplantingskursus aan te bied oor vier naweke (22 – 23 April, 10 – 11 Junie; 19 – 20 Aug en 28 – 29 Okt).

Die kursus is afkomstig vanaf Fresh Expressions uit Engeland (www.freshexpressions.org.uk) en word die MSM kursus (Missions Shaped Ministry) genoem. Pastore en lidmate van verskillende denominasies gaan ook hierdie kursus by ons kom bywoon.

Die koste wat ’n sertifikaat van Engeland insluit is R2 750 pp. Daar sal egter beurse vanaf die sinode beskikbaar wees vir NG Kerk lidmate wat dit wil bywoon.

Kontak Ds Johan Els vir meer inligting [email protected]. Sien ook meer by:

www.freshexpressions.co.za vir die internasionale konferensie wat 16 – 18 Februarie in Kaapstad aangebied word.

Hierdie is weereens ’n wonderlike geleent-heid waar ons leer om op ’n vars / NUWE manier kan kerkwees.