8 Mei – Ds. Schalk van Wyk

8 Mei – Ds. Schalk van Wyk

  • Posted In Preke
  • May 9, 2016

 

Tema Datum en tyd
Die God wat met oneindige liefde So 8 Mei 8:15
aan ons dink; Ma 9 Mei 9:30
na ons luister; en Di 10 Mei 9:30
na ons kyk, Wo 11 Mei 9:30

Sondag: God kom wandel met ons, nie omdat God ons nodig het nie, maar omdat God liefde is. Dit is net nie altyd vir ons maklik om van God se teenwoordigheid te weet nie. Hy moet van sy kant aan die deur kom klop.

Maandag: Deel van hierdie klop is om ons anders te leer dink. Dit behels onder meer ʼn ander soort verhouding tot myself, ek moet leer om vir my eie hart nee te sê.

Dinsdag: Bewustelike gemeenskap met God, eis egter ook ʼn ander soort luister na my naaste, want God openbaar Homself soms aan ons deur iemand op wie ons neersien.

Woensdag: In elk geval is dit onmoontlik om die teenwoordigheid van God te be-leef as ons bitterheid in ons hart toelaat. Hierdie wandel met God is vir ons almal bedoel.

Open ons gedagtes, ore en oë vir Hom, onsself en ander .

*Weens tegniese probleme kon ons ongelukkig nie die res van die reeks opneem nie.