TGIF Mannekamp 19 – 21 Mei 2017

TGIF Mannekamp 19 – 21 Mei 2017

  • Posted In
  • May 5, 2017
  • Boegoeberg - Clanwilliam
  • Likes

  • 15:00:00 - 15:00:00
  • 2017-05-19 - 2017-05-21

Ons TGIF kamp vind weer by Boegoeberg plaas (naby Clanwilliam) oor die naweek van 19, 20 en 21 Mei.

Ons is baie opgewonde oor hierdie jaar se kamp.  Kom kuier die naweek saam en ontdek die storie van jou lewe saam met …

  • My God
  • Myself
  • My gesin
  • My vriende
  • My gemeente
  • My land en sy mense

Die kamp word aangebied deur Ockie Raubenheimer.  Gaan kyk na sy uitnodiging op ons website hier.

https://www.facebook.com/DurbanvilleTGIF/videos/1342124775883657/

Hoe registreer jy?

Elke persoon word versoek om asseblief vooraf ‘n toets (“Strength Finder”) te doen en so gaan jy uitvind wat laat jou tick.

Die koste van die kamp beloop R490.
(R350 kampgelde en US$10 vir die toets)

Stuur asseblief bewys van betaling saam met jou epos en selfoon nommer na [email protected].  Jy sal dan ‘n skakel ontvang om jou toets te doen.

Die US$10 is betaalbaar wanneer jy aanteken vir die toets.

Die kamp beloof om ‘n onvergeetlike ervaring te wees en sal lei tot geestelike verdieping.

 

R350

kampgelde moet inbetaal word by die NG Kerk Bergsig
(Gebruik “Kamp Jou Naam” as verwysing)

US$10

is die koste van die toets.  Die besonderhede sal aan jou gestuur word sodra jy by Oswald registreer en is betaalbaar wanneer jy aanteken vir die toets.

Ockie Raubenheimer

Ockie het vroeër vanjaar by TGIF gesels.  Sy getuienis kan hier gehoor word.
Gaan kyk na sy uitnodiging na die kamp hier

Boegoeberg

Boegoeberg is ongeveer 203km vanaf Bergsig NG Kerk op die N7 tot by die indraai na plaas.  Die aanwysings na die kamp is hier beskikbaar.

 

Enige bydraes kan by die volgende rekening inbetaal word:

Rek Naam:          NG Kerk Bergsig
Verwysing:           Kamp Naam
Bank:     ABSA
Takkode:   334810
Tipe Rek:   Lopende
Nommer:   141 059 0154