Buitegewone Algemene Sinode 7-10 Nov

Buitegewone Algemene Sinode 7-10 Nov

 Nelis Janse van Rensburg

OP SOEK NA ‘N WEG OM SAAM KERK TE WEES

‘n Buitegewone Algemene Sinode word van 7-10 Nov gehou waar die saak van verhoudings tussen mense van dieselfde geslag opnuut bespreek sal word. Ds. Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, gee perspektief. Lees meer hier.

Saam – met Integriteit – Kerk en Getuies

“Na die sinode gaan die kerk en die samelewing steeds verdeeld wees. Mense gaan nie sommer wegstap van hulle oortuigings nie. Maar ons het nog oortuigings, onder andere dat die verbondenheid van gelowiges aan mekaar, juis ten spyte van verskille, ‘n kragtige getuienis lewer … by die pas afgelope moderamenvergadering was die verbintenis tussen lede wat sterk van mekaar verskil om saam ‘n pad te loop, op sigself ‘n getuienis. Daarom sal ons nou almal moet dink aan maniere om mekaar te vind.” Hieroor – en oor die kerk se soeke na ‘n weg “om met integriteit, met ons verskille, saam kerk te wees” – skryf Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen) in die Kerkbode 23 Sept.