Coram Deo Pastoralesentrum – INSKRYWINGS & INLIGTINGSESSIE

Coram Deo Pastoralesentrum – INSKRYWINGS & INLIGTINGSESSIE

  • Posted In
  • January 11, 2017
  • NGK Durbanville-Bergsig
  • Likes

  • 09:00:00 - 12:00:00
  • 2017-02-15 - 2018-01-11

INLIGTINGSESSIE OOR CORAM DEO vind op 8 & 15 Februarie by Durbanville-Bergsig se kerksentrum om 19:00 plaas.

Dit is met groot dankbaarheid dat hierdie bediening kan berig dat ons op die drumpel staan van die verwesenliking van ‘n jarelange “pastoralesentrum-droom”. Coram Deo, ‘n pastoralesentrum wat in Oosterliggemeente Pretoria begin is, het ingestem om ‘n “franchise” in die Kaap te begin. Die woord “Coram Deo” is die Latynse woord vir “voor die aangesig van God” of “in God se teenwoordigheid”.

Die Coram Deo-kursus is ‘n twee-jaar akademiese toerustingsgeleentheid in pastorale narratiewe terapie. Dit bied ook meer as net teoretiese kennis in pastorale terapie en waarborg ook persoonlik, emosionele- en geestelikegroei. Die Coram Deo-kursus in pastorale narratiewe terapie, is ‘n Tukkies geakkrediteerde sertifikaatkursus. Die voltooiing van hierdie kursus, maak ook die deure oop vir verdere M-studies aan die Universiteit van Pretoria se departement van kontekstuele-studies.

Durbanville-Bergsig is bevoorreg om hiervoor as opleidingsentrum te dien. Hiervoor is ons die Here innig dankbaar, aangesien dit nuwe dissipelskap-, emosionelegroei- en geestelikeversorgingsgeleenthede skep. Die inskrywingskoste is R7900 per jaar en is eenmalig of oor tien maande betaalbaar. ‘n Jaar bestaan uit 34, 3-uur weeklikse aanbiedings.

‘n Kort samevatting van wat jy in hierdie kursus kan verwag, is die volgende:

‘n Omvattende hantering van wat Narratiewe terapie is,
die lees van die Psalms aan die hand van Walter Breuggemann se “Praying the Psalms”,
die hantering van verskeie Narratiewe artikels, hantering van trauma, substansie-afhanklikheid, huweliksterapie en seksuele misbruik.

Aanbiedings vind op Dinsdagaande plaas vanaf 21 Febr en word op ʼn Woensdagoggend herhaal (dus 22 Febr.).

Inskrywings vir 2017 is nou oop en kan plaasvind tot die begin Februarie 2017. Coram Deo – Inskrywingsvorm 2017

Vir meer inligting: Kontak Liezl Loubser by die kerkkantoor by [email protected] of bel by 021-976 410 {x106}