Frontida – Desember 2016

Frontida – Desember 2016

Liefste vrinne,
Ons lees in Spreuke 28:1 Die goddelose hardloop weg al jag niemand hom nie; die regverdige het die moed van ‘n leeu”. . .  ons het in die laaste tyd geleer om met baie meer “boldness” die Evangelie te verkondig op verskeie maniere.

Kleinkinders . . .

Ons is bevoorreg om’n derde kleinseun ryker te wees.  Marina het die voorreg gehad om in Oktober in Suid Afrika te kon wees vir Gavin, ons nuwe
kleinseun, se geboorte.  Ons is die Here dankbaar vir Sy liefde, genade en seëninge wat Hy oor ons bring.  Dit was ook ‘n geseënde tyd wat Marina kon hê met die kinders, kleinkinders, ondersteuners en vriende in die Kaap.  Dankie ook aan elkeen vir julle se inloer en bederf tydens haar kort besoek in Suid Afrika.

Suid Afrikaanse Sendelinge saamtrek . . .  SA Sendeling Saamtrek

Van 11-13 November het sewentien Suid Afrikaanse sendelinge, werkagtig hier in Thailand bymekaar gekom vir ons jaarlikse “fellowship” naweek.  Hierdie jaar was ons almal in Bangkok gewees en ‘n hele naweek saam spandeer.  Wonderlike getuienisse en saamesyn het geheers.  Ons kon ‘n lekker braai’tjie saam geniet en ook ‘n paar Suid Afrikaanse disse op die tafel sit.  Nuwe vriende en netwerke is gemaak en ons is die Here so dankbaar dat Hy dit moontlik maak dat sendelinge vanuit Suid Afrika saam begin hande vat en mekaar ook Geestelik kan bemoedig want almal het eersterangse begrip van elkeen se situasie en omstandighede.  Prys die Here vir Sy liefde, genade en omgee hiervoor. DV 2017 maak ons weer so.

Tronk bediening . . . 
Nou ja, die tronkbediening is ook besig om meer intens te raak.  Dit is letterlik amper ‘n bediening op sy eie as in ag geneem word dat daar drie mans en nege dames van Suid Afrika hier in die gevangenis is.  Dit klink seker nie baie nie maar dit gaan oor die tyd, proses en fondse wat dit behels vir ons om besoek te kan af lê.  Op hierdie stadium is dit vir ons net moontlik om twee mans en twee dames te kan besoek elke maand wanneer ons kan.  Ons wil so graag by die ander ook persoonlik uitkom maar huidiglik is daar nie tyd daarvoor nie omrede mens net een persoon per dag mag besoek.  Ons dorpie, Kanthararom, is 600km van Bangkok af waar die tronk is.  Byvoorbaat dankie aan ‘n paar individue wat ook finansiele skenkings kon gee vir die dames in die tronk.  Ons kon November  vir van hulle toiletware en onderklere koop wat hulle so dringend nodig het.  Ek (Andre) het ook met ‘n spesifieke Bybelstudie program begin met vyf gevangenisse (2 x Suid Afrikaners, 1 x Amerikaner, 1 x Argentinier en 1 x Iranees).  Wat ‘n wonderlike en Geesvervulde ervaring is dit vir hulself en vir my.  Ongelooflike getuienisse en hartsdenke word gedeel.  Onthou dat al hierdie mans tot bekering gekom het in die tronk.  Die Heilige Gees is nie net in hulle nie maar word ook deur hulle gehoor aan menigte daar in die tronk.

Imagine Jeug Beweging  . . .

Ons het al vroeër laas maand laat weet dat ons genoodsaak is om die #Imagine Jeugkamp wat ons in Desember sou gehou het uit te stel na volgende jaar.  Ons het so uitgesien daarna maar agv Koning Bhomibal (die Koning van Thailand) se afsterwe einde Oktober, is alle feesvieringe en byeenkomste gekanselleer tot volgende jaar en ons respekteer net die Thai kultuur in hierdie opsig.  Die land is nogsteeds in ‘n rou proses en dit sal nog aanhou vir ‘n jaar lank.  Ons sal julle op hoogte hou van die nuwe beoogde datums.

Frontida Kids . . .

Die kinders word nou groot.  Ons is al drie jaar hier en sien elke dag hoe die kinders groter word.  Maar hulle ontwikkel geweldig baie.  Drie van Frontida Kids staan akademies gewys eerste in hulle onderskeie klasse by die skool.  Hulle blink ook uit op sportgebied. Poo (Paddatjie) het n week gelede die wisseltrofee vir gewigstoot verower.  Ons is so trots op hulle.  Ons was bevoorreg om hulle bietjie te kon bederf met uitstappies na vriende van ons se boerdery hier naby en ook om hulle na die Sisaket Aquarium te kon neem.  Hulle het dit geniet om die vee, vis en groente boerdery te beleef en het ook baie geleer by Mr Chin (die boer).  Die kinders begin ook al hoe meer gesels en verwys na die Bybelstories en liedjies wat geleer word.  Die Heilige Gees is teenwoordig en ons ervaar en beleef Sy werke in en om ons kinders.

Frontida Kids

Sisaket Rajabhat Universiteit . . .

Vanaf 5 Desember 2016 – 5 Januarie 2017 het die universiteite vakansie.  Ek (Andre) geniet dit terdee met klas gee by die universiteit vir die eerste en derde jaar studente.  Die wonderlikste getuienis is dat die universiteit my “eie studiemateriaal” wat ek optrek aanvaar vir studente en dit ook tot dusver inkorpereer vir die studente se eksamens.  Dit maak nie sin nie . . . maar wat vir die mens onmoontlik klink of lyk, God laat die onmoontlike moontlik word ter wille van Sy Koninkryk.  So ek vra nie vrae hieroor nie maar vertrou net die Here vir Sy lyding soos ek aangaan.

World Race . . .

Ons was bederf om vir twee dae ‘n span van sewe dames (6  van Amerika en 1 van Switzerland)  by ons te kon hê.  Hulle het by twee van ons skole gaan bedien saam met ons en die kinders het dit almal geniet.  Hulle gaan heel moontlik in Desember weer vir ‘n paar dae na ons toe kom.   Ons is baie dankbaar vir hande wat kom help het met ons bediening al was dit net vir twee dae.  Hierdie besoek van die World Race Span het vir Frontida Outreach n deur oop gemaak om in die toekoms  vir n tydperk van 2 maande gasheer te wees vir toekomstige World Race uitreik spanne.World Race Span

Frontida Kersprojek . . .

Op 18 Desember gaan ons ons kersprojek hou by ons gemeente hier op die dorp.  Ons wil graag so 60+ kinders die dag nooi om te kom beleef en te leer waaroor Kersfees werklik gaan.  Ons het groot asseblief gebede nodig dat God vir ons die nodige finansies sal voorsien om ten einde die kersprogram (geskenke, kos ens) te kan aanbied vir hulle en vir van hulle ouers.

Gebedsversoeke: 

  • Bid asseblief saam met ons dat God genoeg finansies sal voorsien om 18 Desember baie spesiaal te kan maak vir elke persoon wat die program gaan bywoon.
  • Dit is weer tyd vir die aanvraag vir verlenging van ons EFT Visum vir die volgende jaar.  Goedkeuring van visums hier in Thailand is vir elke sendeling ‘n kopseer.  Bid asseblief saam dat God die finansies benodig vir ons visum aansoeke sal voorsien.  Dit is ‘n aardige bedraggie en sonder ‘n visum kan ons nie hier aanbly nie.  Maar ons vertrou die Here volkome dat die finansies betyds en in Sy  tyd sal deurkom daarvoor.
  • Ons wil graag ook volgende jaar DV Maart – April 2017weer op tuisbesoek gaan na Suid Afrika.  Tot dusver het ons n een been enkel kaartjie vir Marina na Suid Afrika.  Ons benodig egter dan twee retoer kaartjies om die besoek moontlik te kan maak.  Bid asseblief saam met ons dat God hierin sal voorsien volgens Sy wil.

Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder – FRONTIDA OUTREACH en ons blog –FRONTIDATHAILAND.BLOGSPOT.COM

Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.

Groete

André & Marina Olivier

Bank details:

Capitec Bank

Frontida

Savings acc 1317286438

Branch code 470010

or for International Donations

Andre Olivier

Bangkok Bank Public Company Limited

Savings acc 4870604313

Swift code BKKBTHBK

 

Facebook: Frontida Outreach

Blog:         Frontidathailand.blogspot.com

Andre Olivier    – +66 (0) 9 5048 6080

Marina Olivier  –  +66 (0) 9 4980 2311

Postal Adress: 27/30 Moo 5, Tandon Dum, Kanthararom, Sisaket, Thailand, 33130