Deurdrenk ons land met gebed.

Deurdrenk ons land met gebed.

  • Posted In Gebed
  • June 1, 2017

Deurdrenk ons land met gebed

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) se Nasionale Kerkleiersforum, met as voorsitter Hoogedele aartsbiskop Thabo Makgoba, het ons opgeroep om te bid vir die belofte van ’n postapartheid-Suid-Afrika.

Die belofte
van ’n regverdige, versoende en gelyke samelewing
vry van enige vooroordele ten opsigte van
ras, stam, herkoms en geslag,
vry van korrupsie en ontbering,
en met genoeg kos en skuiling vir elke burger
en elke kind wat gebore word
om tot hulle Godgegewe potensiaal te kan groei.

Ons gebede is in die eerste plek
gebede van dankbaarheid,
maar dit is ook vol berou, belydenis en nood.
Ons bid vanuit ons kwesbaarheid
omdat ons eintlik nie weet hoe om te bid nie,
maar ons weet die Gees sug saam met ons (Romeine 8).

Die gebede gaan oor die onderwerpe wat die SARK geïdentifiseer het en is volgens die Ons Vader-gebed georden.

Mag hierdie 10-dag-gebedskringloop ons help om ons land met gebed te deurdrenk.
Bid saam.