Paasfees program 2018

Paasfees program 2018

  • Posted In
  • March 27, 2018
  • Durbanville-Bergsig
  • Likes

  • 19:00 - 10:00
  • 2018-03-29 - 2018-04-01

PAASFEES SAAM MET JESUS 2018

Welkom by die fees!  Kom deel in die feesnaweek as jy enigsins kan.

Tydens die Paasfees het Israel die swaarkry in Egipte gedenk, maar ook die verlossing daaruit gevier.  Die fees is gevier met etes in huise, met offers in die tempel, met lof- en dankbyeenkomste.  Ook Jesus en sy dissipels het dit jaarliks gevier.

PAASETE SAAM MET JESUS     
DONDERDAG 29 MAART 19:00 IN KERKSAAL

Ons gaan nie baie eet nie, net maar saam proe.  Kom proe saam met Jesus die  swaar van Egipte in ongesuurde brood, soutwater, bitter kruie, appel en kaneel.  Kom proe ook die verlossing in die repie lamsvleis en slukkie wyn.  Maar meer nog:  kom proe die stukkie brood en slukkie wyn toe Jesus sê Hy is van nou af die Paaslam, en die nagmaalbrood en -wyn is proesels van sy verlossingswerk.

 PAASOFFER VAN JESUS 
VRYDAG 30 MAART 09:00 IN OUDITORIUM  

Ons gaan nie Jerusalem toe om paaslammers by die tempel te slag en te offer nie.  Ons gaan in klank en beeld stil word buite Jerusalem, op Golgotahoogte,  waar Jesus as Paaslam van God geslag en geoffer is vir ons verlossing.

 PAASFEES SAAM MET JESUS 
SONDAG 1 APRIL 09:00 IN OUDITORIUM

Ons gaan feesvier oor verlossing.  Meer as oor tydelike verlossing uit Egipte.  Jesus het opgestaan uit die dood!  Ons vier die nuwe, volle, ewige lewe wat vir ons oopgaan deur sy opstanding uit die dood.    In Hom word ons bevry tot nuwe lewe, vry van sonde en van dood.  Trek iets groen of wit aan en bring ’n takkie loof met groen saam.  Kinders en gesinne kan oor die paasnaweek vlieërs maak wat ons na die diens buite gaan laat vlieg!  Kom kry ‘n aanwysing van hoe jy van ’n kruis ’n vlieër kan maak wat vlieg!  Of Google dit self!

Volg kerkkalender vir eredienstye oor langnaweke en kort vakansies.