VELDTOG: Breathing Room – maak tyd om te lewe … haal asem

VELDTOG: Breathing Room – maak tyd om te lewe … haal asem

  • Posted In
  • June 1, 2018
  • Durbanville-Bergsig
  • Likes

  • 08:15 - 11:15
  • 2018-05-20 - 2018-06-10

In die eerste kwartaal het ons Lydenstyd gevier, die Kruisiging en die opstanding.

Hierdie VIER beteken dat ons oortuig geraak het, dat Jesus alle sonde, die wêreld se bose magte en selfs die dood oorwin het.
Daarom kan ons leef vanuit rus – die tweede kwartaal se tema – omdat Christus reeds oorwin het.

Rus beteken ek kan ontspan (asemhaal) omdat Christus gelukkig reeds in beheer is van dié wêreld.

Die oorspronklik beginsel van Sabbatsrus is dat ons tye moet uitsit in die week vir stil word, nadenke, waardering, aanbidding, lofprysing en belydenis van sonde.

20 Mei begin die kwartaal se veldtog: Maak tyd om te lewe (Breathing Room Andy Stanley). Die veldtog handel oor om balans te vind tussen hoe jy leef en waartoe jy in staat is.

Daar word gekyk hoe om ruimte te skep om asem te haal in ons skedule, ons finansies en ons verhoudings.

20 Mei: Deel 1: Ex-Squeeze Yourself

27 Mei: Deel 2: Time

3 Junie: Deel 3: Money

10 Junie: Deel 4: Choosing to Cheat.

Die veldtogmateriaal is te koop by die kerkkantoor gedurende die week en in die binnehof op ‘n Sondag teen R20 ‘n boekie. Die boekies is in Engels.
Vir ‘n Afrikaanse weergawe (met toestemming van CUM boeke)klik hier: Maak tyd om te lewe

Indien jy wil deel raak van ’n kleingroep of ’n gasheer huis wil wees vir die tydperk van die veldtog, kontak vir Liezl Loubser – [email protected]

In die veldtog gaan ons kyk hoe om elke dag vanuit God se rus te leef.

Dink ook so oor BERGSIG SE RITME – in die begin van die jaar was die pas vinnig, skole begin, dis Plaasfees en dit voel amper soos ’n deurmekaar partytjie waar ons feesvier. Ons kyk na buite en kuier met die gemeenskap, maar in dié kwartaal wanneer dit kouer word (en ons steeds besig bly) is dit tyd om na binne te kyk sodat ons kan herlaai.

Die lewe is immers soveel beter wanneer ons ruimte het om asem te haal.

Woon gerus die veldtog by op Sondae vanaf 20 Mei – 10 Junie.
Jy kan ook “livestream” op YouTube – soek vir: Durbanville Bergsig Gemeente Sy ligdraers of klik hier

Oor Andy Stanley: onthou dat “North Point” waar hy bedien regtig gefokus is op dissipelmaking en daarom preek hy nie net vir gelowiges nie, maar ook ongelowiges. Jy sal agterkom dat die preke bietjie uitdagend voorkom maar onthou om al die sessies saam in geheel te luister en te oordink. Die groter prentjie gaan baie sin maak. Enige vrae aan ds. Johan Els is egter welkom.
Kontak hom by: [email protected] indien jy knelpunte/navrae het.