Vinkel & Koljander mark

Vinkel & Koljander mark

Projekleiers: Johann & Edna van Tonder – (083 302 4838) ([email protected])

Die Vinkel & Koljander Mark word jaarliks teen die einde van Mei by Durbanville-Bergsig aangebied.

Die primere doel van die mark is om:

  1. Durbanville-Bergsig uitreikprojekte ‘n geleentheid te bied om hulle projekte aan die gemeenskap bekend te stel en ook fondse te genereer.
  2. ‘n Geleentheid te bied aan uitstallers, met hoofsaaklik handvervaardigde produkte, om hulle produkte bekend te stel en te verkoop.
  3. Die gemeenskap bymekaar te bring.
  4. Enige persoon wat die mark besoek, ‘n ervaring van warmte, liefde en omgee te laqt ervaar.
  5. Persoonlike verhoudinge te bou, beide met uitstallers en besoekers.

Voordele vir die Bergsig Uitreik Projekte:

  1. Geld insamel deur eie produk of kos verkope – ‘n skriftelike aansoek en keuring is ‘n vereiste.
  2. Bekendstelling van die projek deur middel van ‘n bemarkingstalletjie waar die aandag gevestig word op die doel en behoeftes – ‘n skriftelike aansoek is ‘n vereiste.
  3. Uitreike betaal geen uitstalgelde nie en geen kommissie word verhaal uit verkope nie.

Die kommissie wat deur uitstallers betaal word, word deur die projekspan aangewend tot die voordeel van gekose uitreike, bedienings, projekte of individue.

Mandaat van die mark:

  • Om God se Koninkryk uit te brei ,
  • Om die gemeenskap te dien,
  • Om Jesus se Hande en Voete te wees,

deur:

  • Dissipelskap en verhoudings te bou,
  • Elke besoeker te laat ervaar dat hy/sy aangeraak is deur die liefde van iemand,
  • Koffie & koek te koop vir diegene wat dit nie kan bekostig nie,
  • Beskikbaar te wees om saam met enige iemand, wat ‘n behoefte het, te kuier,
  • Respek te toon vir mekaar en die produkte van die uitstallers.