BYBELGENOOTSKAP

BYBELGENOOTSKAP

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

“Your Committee have now the satisfaction to state that on the 23rd of August in the last year (1820) a Society was formed at the Cape of Good Hope under the designation of the South African Bible Society.”

Hierdie paragraaf uit die 1821-Jaarverslag van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap is die bewys van die amptelike begin van Bybelwerk in Suid-Afrika.

Vandag is die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ‘n nie-winsgewende maatskappy wat uit vyf streke bestaan, met sy hoofkantoor in Bellville, Kaapstad. Verskillende kerkgenootskappe is lede van die Bybelgenootskap.

Visie
‘n Bybel vir elkeen.
Missie
Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
Klik hier om te sien hoe jy kan help en ‘n bydrae maak tot die Bybelgenootskap van Suid-Arika:  Bybelgenootskap