Geloofsgelofte-offers (GGO) meer prakties: Angola

Geloofsgelofte-offers (GGO) meer prakties: Angola

JUL GELOOFSGELOFTE-OFFERS (GGO) dra by tot sendingleiers se studies

professor Jurgens Hendriks (Stellenbosch Fakulteit van Teologie) praat met ons oor Leierskap in navolging van Christus by die Geloofsgelofte-Offersondag. Wie is hy?

Hy is sedert aftrede voltyds betrokke by die Network for African Congregational Theology (NetACT) vanuit die kantoor in die Kweekskool. Die netwerk is in 2000 gestig om teologiese skole in Afrika te help om missionale leierskap te ontwikkel.

Die NETACTgroep by die jaarlikse konferensie (Foto uit Afrika het gedeeltelik sleg afgesny aangekom):

Die “brain-drain” verskynsel is oral in Afrika ʼn realiteit en ons het dit begin omkeer. In die afgelope 20 jaar, het die toevloei van nagraadse studente uit Afrika, en tans ook uit Suid-Amerika en Asië, so toegeneem dat die Fakulteit Teologie op Stellenbosch dit nie alleen kan hanteer nie. Noord-Wes Universiteit, Vrystaat en Pretoria skakel nou daarby in. Hierdie September ontvang hul ʼn groep van 40 leiers vir wie hul begelei met die skrywe van hul PhD navorsingsvoorstelle.

Tot sover het hulle al Durbanville-Bergsig se bydraes gebruik vir beurse aan studente uit Afrika- kerke wat deur die NGK se sendingwerk tot stand gekom het. NetACT se projekte word deur die lede self op die agenda geplaas en gedryf. Tans is hy baie betrokke by ʼn omvattende projek wat korrupsie en swak leierskap in die staat, besigheid en die kerk takel – wel in alle sektore van die openbare lewe. Ons bemagtig die kerk in Afrika, land vir land, om self verantwoordelikheid te neem hiervoor.

Die Geloofsgelofte-Offers help dus gedeeltelik met die groot taak van die Kweekskool. Ons kan opgewonde wees dat ons indirek help om so ’n groot  verskil te maak. Lees Ds. Penias se getuienis:

“My dream to do a Phd study began with you when I met you in 2016 at UFS. That time I was Synod secretary and we had a visit at UFS. We interacted and you motivated me. You never abandoned me until I was finally a student at SU. Zikomo Kwambiri (thank you very much).
I want you to know that am so thankful for what you have done in to my life. Am not the same, God has taught me a lot of things while at SU, with Prof. Mbaya as my supervisor. I thank God for the journey I had with Prof. Mbaya as my supervisor. Thank you for helping me and believing me that I can manage to study at this wonderful university.  I will be SU ambassador. Just continue to pray for me as I prepare for my defence in October, 19.” Penias

Ds. Penias weet die geld kom van Bergsig.

Fondse is onder andere aangewend vir sy nagraadse studies.

Sy PhD  tema was:

Financial and Partnership Independence: A Missiological Study of the Partnership Relationships in the Reformed Church in Zambia (RCZ) 1966-2016.

Kweekskool in Angola se storie: Die NG-kerk help om na die oorlog te herbou en die eerste uitdaging was om water op die terrein te kry.

THE KINKUNI QUEST FOR SECURING WATER ON TERRAIN FOR THE THEOLOGICAL SEMINARY THAT NEEDED TO BE REBUILT AFTER THE WAR.

Sept 2014: Daily water delivery (early in the morning).

Jurgens Hendriks at pump station at the big fountain. The Portuguese destroyed the seminary
and its water installations in the early 1970s. The pumps will be re-installed here and the pump-house renovated.

Loading a 12-meter container with everything needed

The 5000-liter tanks got loaded last – this took place on 26 June 2018 in Northern Namibia.

After spending 6 months on the border between Namibia and Angola and endless
negotiations to avoid bribes the truck arrived at Kinkuni on 30 December 2018.

The driver get his delivery note signed by a church representative and two uniformed
village representatives … check the 5000-liter tank! Delivery completed 30 Dec 2018.