Lesotho: Des 2019 besoek terugvoer

Lesotho: Des 2019 besoek terugvoer

Lesotho Uitreik Desember 2019

Ons gesin saam met Niel Kotze, wat graag die bediening en sendelinge persoonlik wou ontmoet sodat hy kan sien waarvoor hy bid, het 12 Desember 2019 vertrek.

Ons het die eerste aand by Ds Kobus Eksteen, voorheen ‘n Mosambiek sendeling, op Rietbron oorgebly.

Daarvan was dit n laaaang rit tot by Semonkong Children Centre(SCC) en het on seers die aand 22:00 gearriveer.

Bergsig is al vir +6jr betrokke, met onder meer jeuguitreike na SCC. Om ‘n ‘backpackers’ te begin in een van die leë huisies was ‘n groot dryf, met geen positiewe resultate nie – tot nou toe.

‘n Nuwe Mamma wat vasvat is in Mei 2019 aangestel en sy het die visie gesnap. Van Junie tot Desember het hulle +R80 000 verdien uit die backpackers en kon vir die laaste 3 maande al die staff daaruit ten volle betaal, ‘n Kersbonussie gee en die 40 kinders bederf – iets wat nog nooit in die 20 jarige geskiedenis van SCC gebeur het nie.

Uit die landbou kry hulle ook nou 3 x per week vars groente.

Baie harde werk is ingesit deur Francois Snyman en sy gesin van Love Lesotho Ministries. Hulle is nou al 4 jaar permanent daar. Ons het heerlike tye saam met hulle deurgebring en sy 4 kinders het ons seuns se geselskap baie waardeer.

Deur hulle bediening is die laaste 18 maande 82 huiskerkies in verskillende villages begin en 46 pastore opgelei.

Gaan kyk gerus op beide se Facebook wat alles daar gebeur. En as jy moeg is vir die lewe in die stad vat dan die pad – dis teerpad al die pad en enige voertuig kan daar uitkom.

Feb 2020 Newsletter